Ongeveer 16 studente het vandag (11 Oktober) omstreeks 19:00 voor die Ferdinand biblioteek bymekaar gekom. Die byeenkoms is ter ondersteuning van die landswye FeesMustFall protesaksie.
Reform PUK het vroeër vandag studente uitgenooi om die nagwaak by te woon. Tot dusver het die groep nog geen skade aan die kampus aangerig nie.
Die NWU-PUKKE het in ń verklaring op hulle Facebookblad bevestig dat hulle bewus is van die beplande nagwaak maar dat die aansoekprosedure vir so aksie nie gevolg is nie.
‘Die kampusbestuur wil dit duidelik stel dat so aksie onwettig is en nie mag plaasvind nie,’ lui die verklaring.
Die groep studente het teen 21:00 verdaag om kerse tekry vir die nagwaak. Volgens bystanders lyk die groep nog rustig.
Nuutste oor die onwettige byeenkoms



