NewsNews

PUK besluit nog oor onwettige byeenkoms

Die Potchefstroom-kampusbestuur van die Noordwes-Universiteit is besig om te besluit hoe hulle 'n groep studente gaan hanteer wat Dinsdagaand omstreeks 19:00 voor die Ferdinand Postma biblioteek onwettig bymekaar gekom het vir 'n nagwaak ter ondersteuning van die #FeesMustFall protestaksie.

Die Potchefstroomkampusbestuur van die Noordwes-Universiteit is besig om te besluit hoe hulle ‘n groep studente gaan hanteer wat Dinsdagaand omstreeks 19:00 voor die Ferdinand Postma biblioteek onwettig bymekaar gekom het vir ‘n nagwaak ter ondersteuning van die #FeesMustFall protestaksie.  

“Die kampusbestuur sal besluit hoe die aangeleentheid hanteer sal word wat betref dissiplinêre prosedures van die universiteit en ook die bestaande hofinterdik teen sulke aksies.  Klasse gaan voort soos normaal,” het die PUK in ‘n verklaring gesê. 

Ongeveer 16 studente het die onwettige  byeenkoms gehou waar geen insidente plaasgevind het nie. 

Reform PUK het vroeër studente uitgenooi om die nagwaak by te woon. 

Die NWU-PUKKE het gister in ‘n verklaring op hulle Facebookblad bevestig dat die aansoekprosedure vir so aksie nie gevolg is nie.

‘Die kampusbestuur wil dit duidelik stel dat so aksie onwettig is en nie mag plaasvind nie,’ lui die verklaring.

Die groep studente het op die grasperk voor die biblioteek met kerse gesit tot omstreeks 23:00 waarna hulle uiteen gegaan het.  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button