
Twee voertuie was gistermiddag (26 Oktober) betrokke in ongelukke na die reënbui wat Potchefstroom getref het.
Een van die voertuie het omstreeks 16:00 op die N12, Johannesburg rigting gerol nadat die bestuurder glo beheer oor die voertuig verloor het. Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die voertuig gevind het, gelukkig was daar geen beserings nie.
Die ander voertuig het omstreeks 17:40 op die R54 van die pad af gegaan en in ‘n sloot opgeëindig. Daar was ook niemand beseer in die voorval nie.
‘n Groot reënbui en haelstorm het die stad gistermiddag getref wat paaie baie glad gelaat het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




