NewsNews

Malema se motorbestuurder vas oor spoed

Die polisie het vanoggend bevestig dat EFF-leier, Julius Malema, se motorbestuurder, nog nie vandag (15 November) voor die hof sal verskyn nie. Die polisie sal eers die saak volledig ondersoek.

Die polisie het vanoggend bevestig dat EFF-leier, Julius Malema, se motorbestuurder, nog nie vandag (15 November) voor die hof sal verskyn nie. Die polisie sal eers die saak volledig ondersoek.

Die bestuurder is gister na die polisiestasie in Parys gebring waar ‘n klagte vir die oortreding van die Padverkeerswet gelê is. Intussen is die bestuurder vrygelaat maar moet in die hof verskyn wanneer ‘n datum gereël is.

Verkeersbeamptes het gister naby Parys probeer om Malema se silwerkleurige Mercedes Benz van die pad af te trek toe die motor tussen die Vaalrivier en Vaalplaza-tolhek buite Parys teen 187km in ‘n 120km sone oor die spoedlokval is.

Die motor het egter weggejaag en is deur verkeersbeamptes agterna gesit wat die motor in Ventersburg van die pad afgetrek het. Die motorbestuurder is teruggebring na Parys waar die klag gelê is.

Malema was onderweg na Bloemfontein waar hy vir ‘n ander saak voor die hof moes verskyn.

Malema se motorbestuurder nog nie in hof nie

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button