NewsNews

ANC nie ernstig oor dienslewering in Tlokwe/Ventersdorp

"Na die verkiesing in Augstus vanjaar is die nuwe saamgestelde Tlokwe en Venterdorp Munisipaliteit steeds nie behoorlik in werking nie," lui 'n verklaring van die Vryheidsfront Plus raadslid Fanie du Toit.

“Na die verkiesing in Augstus vanjaar is die nuwe saamgestelde Tlokwe en Ventersdorp Munisipaliteit steeds nie behoorlik in werking nie,” lui ‘n verklaring van die Vryheidsfront Plus raadslid Fanie du Toit.

Volgens du Toit is portefeuljekomitees, wie se taak dit is om te sorg dat dienslewering plaasvind ten gunste van die gemeenskap en aanbevelings te maak aan die raad, steeds nie saamgestel nie. Dit, ten spyte daarvan dat die burgemeesterskomitee-lede en die MPAC voorsitter, wat voltydse raadslede is, reeds aangewys is.. Die Tlokwe – Ventersdorp Munisipaliteit is die enigste munisipaliteit binne Noordwes wat  nog geen komitees saamgestel het nie.

“Dit is net billik en regverdig teenoor die belastingbetalers dat hierdie voltydse raadslede ʼn deel van hul salarisse moet terugbetaal. Hulle is slegs geregtig op ‘n deeltydse raadslid se salaris, aangesien hulle nie hulle voltydse take kan verrig sonder die samestelling van komitees nie. Hulle ontvang dus vergoeding vir dienste wat hulle nie lewer nie” het Du Toit gesê.

Verder sê rdl Du Toit – “As die ANC werklik ernstig was oor dienslewering in die nuwe saamgestelde munisipaliteit van Tlokwe en Ventersdorp sou die burgemeester gesorg het dat die portefeuljekomitees saamgestel word, sodat daar geen vertraging is met besluite wat geneem moet word rakende dienslewering vir die gemeenskap nie.”

Die VF Plus sal die saak opneem met die LUR van Plaaslike regering van die Noordwes Provinsie.

Lees vandeesweek se Herald om te sien wat die munisipaliteit se antwoord is op die verklaring.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button