
15 mense is beseer toe ‘n taxi en bakkie het Saterdagaand (19 November) omstreeks 18:40 kop-aan-kop met mekaar gebots het.
IMR ambulansdienste, ER24 en provinsiale ambulansdienste het op die toneel in Ikagengweg gekom waar die ongeluk plaas gevind het. Vier mense wat in die taxi vas gekeer was, moes deur die brandweer uit die taxi uit gesny word. Die verskeie ambulansdienste het die mense na Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling. Daar was slegs een persoon wie ernstig beseer was. Die polisie en verkeersbeamptes was op die toneel om verdere ondersoek te doen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





