NewsNews

En kyk waar swem ons nou!

Bykans 20 jaar nadat Parys se munisipale swembad van Olimpiese standaard gesluit is omdat dit nie  deur die munisipaliteit onderhou is nie, wil dit nou lyk asof daar uiteindelik weer ’n swembad vir die dorp is! Te midde van hittegolf temperature van naby 40 grade wat die afgelope week gevoel is, het kinders vanoggend (Donderdag …

Bykans 20 jaar nadat Parys se munisipale swembad van Olimpiese standaard gesluit is omdat dit nie  deur die munisipaliteit onderhou is nie, wil dit nou lyk asof daar uiteindelik weer ’n swembad vir die dorp is!

Te midde van hittegolf temperature van naby 40 grade wat die afgelope week gevoel is, het kinders vanoggend (Donderdag 1 Desember) te lekker baljaar in die gat by die kruising van Loop- en Waterstraat. Boonop is die “swembad” heel sigbaar vir besoekers aan die dorp soos hulle die dorp binnery.
Motoriste moet maar vir eers verlief neem met die chaos by die reeds verwarrende kruising, want die munisipaliteit sukkel nou drie weke om die pyplek hier reg te maak en die gat toe te gooi.
Met al die reën wat Parys die laaste paar weke gekry het, het die gat sommer gou vol water geraak. En hoekom dan nie maar die water geniet – seer oog en skande vir die dorp of te nie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button