NewsNews

‘Soos ‘n engel uit die hemel’

“Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. Hy is soos ‘n engel uit die hemel.”

“Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie. Hy is soos ‘n engel uit die hemel.”
So sê Noel Palmer oor sy weldoener, Roy Fourie, nadat Fourie hulp aangebied het vir behandeling wat hy moet kry.
Dit volg nadat die Herald verlede week berig het hoe Palmer, ’n kankerpasiënt, sukkel om behandeling te kry omdat die Potchefstroom Hospitaal se vervoerdienste, wat hom en ander pasiënte na Johannesburg toe moet vervoer, onbetroubaar is. Die vertraging in behandeling het gelei tot die verspreiding van die kanker, wat beteken dat Palmer nou heel moontlik sy oog en oor kan verloor. “Roy het alles vir ons gereël, van die dermatoloog tot die dokter by die hospitaal in Bloemfontein, selfs vervoer na die hospitaal toe,” het Hettie Kruger, Palmer se ma gesê. Palmer gaan op 2 Desember Bloemfontein toe waar hy die nodige chirurgie gaan kry.
“Ek ken die oom van geen kant af nie, tog help hy ons so baie,” vertel Palmer. Hoewel Palmer en sy ma nou mediese hulp ontvang het, sukkel hulle steeds. Kruger moes haar besigheid opgee om vir haar seun te sorg wat nie kan werk nie. Hul enigste inkomste is Palmer se ongeskiktheidspensioen.
Enigeen wat hulle kan bystaan, kan Hettie by 082 767 5099 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button