SportSport

Voormalige Protea krieketspeler leer Puk-span ‘n paar nuwe truuks

Met die 2017 Varsity Krieket-toernooi om die draai, het NWU Pukke se krieketafrigter, Conrad de Swardt, besluit om een van sy vriende in te roep om sy manne touwys te maak en gereed te kry vir dié belangrike toernooi. Hierdie vriend is niemand anders as Johan van der Wath, die voormalige veelsydige Protea speler, wat …

Met die 2017 Varsity Krieket-toernooi om die draai, het NWU Pukke se krieketafrigter, Conrad de Swardt, besluit om een van sy vriende in te roep om sy manne touwys te maak en gereed te kry vir dié belangrike toernooi.

Hierdie vriend is niemand anders as Johan van der Wath, die voormalige veelsydige Protea speler, wat as een van die land se beste T20 spelers gereken was. Van der Wath sal juis onthou word vir sy aandeel in Suid-Afrika se beroemde 438 wedstryd teen Australië in 2006 toe hy ‘n blitsige 35 gemoker het.

Van der Wath het verlede week tydens die Pukke krieketspan se oefenkamp op hulle boulwerk gefokus om seker te maak dat hulle slaggereed vir die verskeie uitdagende scenarios in hierdie kort krieketformaat sal wees.

“Ek ken vir Johan van skool af en het hom gevra om ‘n bietjie te help. Partykeer is dit goed om advies van iemand anders te hoor en vir die spelers nuwe insig te gee.

“Johan fokus spesifiek op boulafrigting en ek weet sy jare se ervaring onder groot druk as bouler, gaan handig te pas kom om die spelers te help. Ervaring kan ‘n mens nie koop nie,” het De Swardt genoem.

Van der Wath meen ook dat hy veral op die uitvoering van wedstrydplanne gaan fokus om seker te maak dat die boulers weet hoe om druksituasies te hanteer.

“T20 krieket is konstante druk van die eerste bal af. Daar is nie tyd om te rus nie en jou kop moet gedurig op die wedstryd gefokus wees. Dit is belangrik om die regte besluit te maak as bouler. Dit kan die wedstryd na jou kant toe swaai,” het Van der Wath,  wat nou professioneel gholf speel na sy uittrede uit krieket in 2014, genoem.

“Ek gaan heel moontlik weer tydens die Varsity Krieket-toernooi uithelp om die boulers te help en advies te gee,” het Van der Wath entoesiasties genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button