NewsNews

PUK-student verteenwoordig SA in internasionale kompetisie

PUK-student en oud-Ferdie, Izelle van Vuuren, is tans in Maleisië om Suid-Afrika by een van die grootste skoonheidskompetisies ter wêreld te verteenwoordig .

PUK-student en oud-Ferdie, Izelle van Vuuren, is tans in Maleisië om Suid-Afrika by een van die grootste skoonheidskompetisies ter wêreld te verteenwoordig .
Izelle het drie jaar gelede met modelwerk begin en het sedertdien heelwat in haar modelloopbaan bereik. Sy loop tans klas by Vogue Models aan die Oos-Rand en sy is ook onlangs gekroon as 2de prinses in die Miss United Continents-kompetisie.
Sy is ’n tweedejaar student in mikrobiologie en fisiologie aan die NWU se Potchefstroomkampus en is ‘n gebore en getoë Potchefstromer. Sy is ook ‘n oud-Ferdie en het as jong kind altyd gedroom om eendag ‘n model te word.

Izelle in ‘n pragtige skepping. Foto: Verskaf
Izelle in ‘n pragtige skepping. Foto: Verskaf

Toe sy ‘n klein dogtertjie was het sy altyd vasgenael voor die televisie gesit om die program, America’s Next Top Model, te kyk.
Sedert die skaam en teruggetrokke Izelle die modelbedryf betree het, het sy meer selfvertroue gekry en kon sy deur liefdadigheidswerk ‘n verskil in die gemeenskap maak. Sy het veral ‘n sagte plekkie vir bejaarde mense en probeer soveel moontlik om daar ‘n verskil te maak. Sy is daarom baie betrokke by die Dienssentrum.
Sy is onlangs deur die direkteur van Miss Tourism International SA gewerf om Suid-Afrika oorsee te verteenwoordig in dié groot skoonheidskompetisie. Dit is die agtste grootste skoonheidskompetisie in die wêreld en die eerste internasionale kompetisie waaraan Izelle gaan deelneem. Dit vind plaas in Kuala Lumpur in Maleisië en het Saterdag begin. Die kroning vind op 31 Desember plaas en is die enigste oujaar skoonheidskompetisie ter wêreld. Hoewel Izelle bietjie stres, is sy ook baie opgewonde. Sy kon nie wag om vir die eerste keer oorsee te gaan en haar land in so ‘n groot kompetisie te verteenwoordig nie. Sy voel beter oor die feit dat haar ma saam met haar die reis aangepak het en dat sy nie stoksielalleen in die vreemde land hoef te wees nie.
Izelle sal verskeie uitrustings deur die loop van die kompetisie dra. Sy gaan ’n tradisionele uitrusting van Kyna Consili dra en aandrok van Jose de Canha.
Sy sien die meeste daarna uit om nuwe mense te ontmoet en vriendinne te maak van verskillende lande. Hulle gaan saam gholf speel en daar gaan ‘n groot Kerspartytjie vir die deelnemers gehou word oor Kersfees. Die kompetisie sluit verskillende aspekte in en die deelnemers sal moet deelneem aan verskillende onderhoude, loopplank sessies, fotosessies en sosiale media kanale. Die wenners word nie net bepaal deur te kyk na die mooiste deelnemer nie, maar ook na hoe hulle met die ander deelnemers oor die weg kom en hoe hulle hul land verteenwoordig en voorstel. Hulle gaan ook hul talente moet uitbeeld en Izelle, wat glad nie danser is nie, het besluit om te dans vir die kompetisie. Sy kan nie wag om meer te leer oor ander kulture nie en glo dat die kompetisie haar baie lewenservaring sal gee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button