NewsNews

Ventersdorp: Wat het Potch geërf?

Die samesmelting tussen Potchefstroom en Ventersdorp is reeds gedoen, maar wat het die Tlokwe munisipaliteit werklik geërf?

Die samesmelting tussen Potchefstroom en Ventersdorp is reeds gedoen, maar wat het die Tlokwe munisipaliteit werklik geërf?
Vorige verslae van die ouditeur-generaal (OG) was nie baie gunstig vir Ventersdorp nie. Die OG kon sedert 2012 nie alle dokumentasie bekom om ’n volledige mening oor die finansies van Ventersdorp te gee nie.
Die kontant beskikbaar in Ventersdorp was aan die einde van die vorige finansiële jaar R42 759. Die bedrag het gelydelik afgeneem van 2012 af toe die beskikbare kontant R15 587 000 was, in vergelyking met Potchefstroom se beskikbare kontant van R219 290 393. Dié syfer van Potchefstroom het glo ook vanjaar na ongeveer R170 000 000 gedaal.
Ventersdorp het 65 persent oorspandeer op hulle bedryfsbegroting. Dit dek die dag tot dag uitgawes van munisipaliteite. Volgens die verslae is dit meer as dubbel as ander munisipaliteite landwyd. “’n Munisipaliteit wat ’n aansienlike persentasie van die begroting oorspandeer, dui op swak operasionele kontrole, of dalk iets meer onheilspellend,” lui ’n verduideliking van bedryfsbegrotings op municipalmoney.gov.za.
Die Herald het onlangs heelwat berig oor die infrastruktuur-krisis in Ventersdorp. Desondanks die feit dat dit blyk of die infrastruktuur hier besig is om inmekaar te tuimel, het Ventersdorp 32 persent onderspandeer op hul kapitaalbegroting en niks (0%) spandeer aan die onderhoud van infrastruktuur. Potchefstroom spandeer self minder as 2% aan onderhoud.
Albei die munisipaliteite het verlede jaar hoë persentasies van hulle bedryfsbegroting aan ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes afgestaan. In Ventersdorp was dit meer as 75% en in Potchefstroom amper 60%. Ongemagtigde uitgawes is uitgawes waarvoor nie begroot is nie. Onreëlmatige uitgawes sluit uitgawes in wat teenstrydig is met wetgewing, munisipale beleid of bywette. Vrugtelose en verkwistende uitgawes is uitgawes wat vermy kon word.
Hoewel Potchefstroom ’n 97 persent invorderingsyfer het in terme van dienstegeld, kon die OG nie bepaal wat dié syfer vir Ventersdorp is nie, omdat hulle dokumentasie nie betyds gestuur is nie.
Wat inkomste betref, kom slegs 51 persent van Ventersdorp se inkomste van dienste, lisensies en rente op beleggings af. Die res word deur die nasionale tesourie voorsien. Potchefstroom kry 82 persent uit dienste en 9 persent van nasionale tesourie af.
Daar is ook onlangs bevestig dat Ventersdorp R52 000 000 aan Eskom skuld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button