
‘n Man is glo gister (21 Desember) in die hospitaal oorlede na ‘n kop-aan-kop botsing wat op die N12, Johannesburg rigting gebeur het.
‘n Bakkie en Kombi, wat aartappels vervoer het, het omstreeks 10:00 met mekaar gebots. Paramedici van ER24 en IMR was op die toneel om die drie beseerdes te behandel. Twee pasiënte het matige beserings opgedoen terwyl ʼn derde man ernstig beseer was. Al drie is hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.
Een van die beseerdes het na bewering kort na sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die polisie was op die toneel gewees om verder ondersoek in te stel.




