
Twee mans is gisteraand (23 Desember) omstreeks 22:00 tydens ‘n kaping raak geskiet.
Hulle het na bewering langs die pad gestop naby die Boskop vulstasie waarna hulle deur twee ander mans genader is, wat vir ‘n rygeleentheid gevra het. Die verdagtes het nader gekom en die mans met vuurwapens gedreig. Hulle het hulle teëgesit toe die verdagtes probeer het om die voertuig te kaap.
Terwyl daar ʼn struweling was is beide mans geskiet, een deur die maag geskiet terwyl ʼn koeël die ander man se kop getref.
Paramedici van ER24 is ontbied na die toneel waarna albei Mans na Potchefstroom Medi-Clinic vervoer vir verdere behandeling. ‘n Saak van poging tot motorkaping word ondersoek.



