NewsNews

10 mees geleesde stories van 2016

Die jaar is amper verby, die Herald se aanlyn stories is vanjaar meer as 'n miljoen keer deur ongeveer 330 000 mense gelees.

Die jaar is amper verby, die Herald se aanlyn stories is vanjaar meer as ‘n miljoen keer deur ongeveer 330 000 mense gelees.

Hier is die 10 stories wat vanjaar deur die meeste mense gelees is. Klik op die kop om die volledige storie te lees.

1. Drie-studente-sterf-in-ongeluk

Die storie van die drie Puk-studente wat na ‘n motorongeluk op die N14 oorlede was, het in Maart verskyn. Dit is 18 850 keer gelees.

2. Jong vrou vermis

Die storie het in Mei verskyn en is 17 934 gelees. Die jong vrou is ‘n dag later ongedeerd in ‘n ander provinsie gevind.

3. Man verkrag glo familiehond

Die storie van die tuinier wat na bewering die familie waar hy werk se hond verkrag het, het in Oktober verskyn. Dit is 16 418 gelees. Die man is nie vervolg nie omdat daar nie genoeg bewyse was nie.

4. River Cafe brand af fotos

Die berig wat in Januarie verskyn het, is 8 233 keer gelees. River Cafe was ‘n populere kuierplek in Potchefstroom wat totaal afgebrand het nadat dit glo deur weerlig getref was.

5. Pragstudent verloor stryd teen lewerkanker

Derdejaars BSc Verbruikerswetenskappe-student Elinza Mostert is in April oorlede na ‘n stryd met lewerkanker. Die storie is 8 190 keer gelees.

6. Nigeriërs woedend-oor-landgenoot-se-dood-in-eleazerstraat

Tientalle Nigeriërs het in September die Wandellaan omver gegooi nadat een van hulle landgenote glo deur die polisie dood geslaan is. Die storie is 7 914 keer gelees. Die Herald het onlangs berig dat die man al van te vore in hegtenis geneem is vir die besit van dwelms en dat dit blyk dat ‘n oordosis dwelms moontlik die oorsaak van sy dood was.

7. Roof en verkragting skok

Die verkragting van ‘n 18 jarige meisie het die gemeenskap in November erg geskok. Die berig is 7 392 gelees. Die matriekleerder is tydens ‘n huisroof verkrag.

8. Student verkrag hou nog sake verband?

‘n 20 jarige student is in Februarie verkrag deur ‘n man wat homself as ‘n polisiebeampte voor gegee het. Dit was die derde voorval wat presies dieselfde modus operandi gevolg het waaroor die Herald berig het. Die berig is 7 277 gelees.

9. Oud Gimmie sterf in Viëtnam- Familie soek ligaam 

Oud-Gimmie en oud-Puk Colin Wheeler (24) wat in Oktober in Viëtnam oorlede is, se gesin het probeer om sy liggaam in Suid-Afrika terug te kry sodat hulle hom kan begrawe. Hulle het  $25 000 nodig gehad om sy ligaam terug te kry. Nadat die storie 6 189 keer gelees is, het hulle die geld in gesamel.

10. Moord en roof in Mooivalleipark

‘n Vrou is in Oktober vermoor en haar lewensmaat erg aangerand tydens ‘n huisroof. Die berig is 5 299 keer gelees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button