NewsNews

Tiener op 16 Desember by die Trimpark verkrag

’n 13-jarige meisie is op 16 Desember by die Trimpark verkrag.

’n 13-jarige meisie is op 16 Desember by die Trimpark verkrag.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het haar vriendinne haar half kaal gevind, waarna hulle haar polisiestasie toe geneem het.
“Hulle het vermoed dat sy verkrag is, en die ondersoek het dit bevestig,” het Chaka gesê.
Die tienermeisie, wat van ’n buurdorp kom, was glo erg bedwelm toe haar vriendinne op haar afgekom het. Die voorval het plaasgevind tydens die jaarlikse All White Bash wat op 16 Desember by die Trimpark gehou word.
Die geleentheid lok gewoonlik negatiewe kommentaar uit van mense wat in die omliggende woonbuurte woon. Grootliks omdat die partytjie tot 06:00 die volgende oggend aangaan, vullis wat oral gestrooi lê, geraas en selfs mense wat op die sypaadjies voor huise seks het. Drankgebruik van minderjariges is ook ’n kwessie wat inwoners ontstel.
Die vraag wat baie inwoners het is hoe dit moontlik is dat die organiseerders dit regkry om die partytjie en musiek tot 06:00 die volgende oggend te laat aanhou, en of daar dan nie reëls is wat deur die munisipaliteit ingestel kan word nie.
Volgens Victor Boqo, woordvoerder van die burgemeester, is die munisipaliteit nie verantwoordelik vir die tydsduur van die aangeleentheid nie.
“Die polisie gradeer en keur die aansoeke goed in lyn met die wet wat verband hou met sport- en rekreasie-geleenthede,” sê hy.
Daar word beraam dat daar sowat 18 000 mense deur die Trimpark se hekke was tydens die konsert. Die organiseerders, Big Daddy 24/7 events, het glo ’n vyf jaar kontrak met die munisipaliteit gesluit om die partytjie op die Trimpark te hou. Boqo het nie die bewering bevestig of ontken nie.
“Dit is ‘n saak tussen die organiseerders en die munisipaliteit. Ek is nie in ‘n posisie om sodanige inligting daaroor bekend te maak nie,” het hy gesê.
Die organiseerders het teen druktyd nie gereageer op die Herald se versoek op kommentaar nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button