SportSport

Schools SA20 Derbystryd wys dat Potch skolekrieket kerngesond is

Gimmies en Volkies se krieketsterre het nou ook hul plekkie onder die son in 'n reeks waaraan slegs 26 van die land se top krieketskole deelneem.

Hoër Volkskool Potchefstroom en Potchefstroom Gimnasium se eerste krieketspanne het verlede week vir elektriese aksie gesorg tydens die eerste Rain Schools SA20 Derbyreeks-kragmeting op die NWU-Ovaal op Woensdag 14 Oktober.

Volkies het die wedstryd met vyf paaltjies gewen, en toe die bal die grens tref, was elke Volkie-ondersteuner op die veld om saam met hul span die wen te vier.

Dit is net weer ’n bewys van hoeveel hierdie derby tussen Volkies en Gimmies beteken. Vir Gimmies was dit ’n geval van so naby, maar tog so ver. Vir Volkies was dit ’n oomblik waarin hulle ’n bietjie kon spog.

Albei skole se krieketspelers speel teen mekaar uit dieselfde liefde vir die spel, met hul afrigters wat ook wedersydse respek vir mekaar het. Dit is juis wat hierdie kragmeting spesiaal maak. Dit gaan nie net oor wen of verloor nie, maar eerder oor tradisies wat gevestig word en geskiedenis wat geëer word.

Tradisioneel is krieket (50 beurte) nie altyd die vriendelikste toeskouersport nie, maar wanneer ’n T20-wedstryd onder spreiligte en voor TV-kameras plaasvind, verander die hele spektrum na iets wat soos ’n Classic Clash voel.

Gimmies en Volkies se krieketsterre het nou ook hul plekkie onder die son in ‘n reeks waaraan slegs 26 van die land se top krieketskole deelneem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button