
ʼn Familie se voertuig is gisteraand (15 Januarie) omstreeks 22:00 teen ʼn kompleks in Paryslaan se muur vas.
Die pa is uit die voertuig, oor die muur geslinger terwyl die ma vasgevang was in die voertuig. Mooirivier beskerming reaksie beamptes het terwyl hulle besig was met patrollies op die toneel afgekom. Hulle het daarin geslaag om die kinders veilig uit die voertuig te kry. Die ma moes deur die brandweer uit die voertuig gesny word. Haar arm was onder die voertuig se dak vasgepen. Paramedici van ER24 was op die toneel om die familie te behandel waarna almal met ligte tot matige beserings na Potchefstroom hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.





