NewsNews

Drie vas oor koperkabels

Drie mans is op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem. Al drie verdagtes is Saterdag op verskillende tye in hegtenis geneem. Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die polisie besig met patrollie toe hulle omstreeks 08:00 ’n verdagte man met ’n sak by hom sien.Hulle het hom genader en deursoek, …

Drie mans is op aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Al drie verdagtes is Saterdag op verskillende tye in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die polisie besig met patrollie toe hulle omstreeks 08:00 ’n verdagte man met ’n sak by hom sien.Hulle het hom genader en deursoek, waarna hulle ongeveer 1kg se koperkabel in die sak gevind het.

Die man kon nie verduidelik waar hy die kabel gekry het nie, waarna hy in hegtenis geneem is.

Later op dieselfde dag is nog twee mans in hegtenis geneem op dieselfde klag.

“Die polisie het twee verdagte mans in Nelson Mandela-rylaan deursoek waarna hulle vyf rolle koperkabel in hulle besit gekry het,” sê Chaka. Thabo Letla (30), Nteudi Madibeng (31) en Thapedi Moleleko (27) het almal Maandag in die landdroshof in die dorp verskyn.

Teen druktyd was dit nog onbekend of  borgtog aan hulle toegestaan is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button