NewsNews

Inbraak by gewilde kuierplek

Sowat R21 000 se goedere, waarvan ’n televisie, projektor, twee kasregisters se geld en van die drank is gesteel, toe daar vroeg Saterdagoggend by ’n gewilde kuierplek in James Morokalaan ingebreek is.

Sowat R21 000 se goedere, waarvan ’n televisie, projektor, twee kasregisters se geld en van die drank is gesteel, toe daar vroeg Saterdagoggend by ’n gewilde kuierplek in James Morokalaan ingebreek is.
Die bestuurder wat die aand aan diens was by Die Mystic Boer, het soos normaalweg die deure omstreeks 02:00 gesluit en huis toe gegaan.
Omstreeks 05:15 het hy ’n oproep van Mooirivier Beskerming ontvang dat die alarm in die gebou afgegaan het.
Met sy terugkeer na die gebou het die bestuurder ‘n gebreekte venster gesien waardeur die inbrekers die gebou binnegegaan het.
Die eienaar van Die Mystic Boer, Eloise Botha, sê dat hulle die inbrekers se gesigte duidelik op die sekuriteitskameras wat binne die gebou is, kan sien en dat sy hulle dadelik sal uitken as sy hulle weer sien.
“Ons vermoed dat daar drie mense binne die gebou was en dat daar moontlik ’n vierde een buite in ’n voertuig gewag het,” sê sy.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button