NewsNews

OPVOLG: Liggaam van man in waterkanaal

Die liggaam van ‘n 58-jarige man is Sondagoggend (5 Februarie) in ‘n waterkanaal langs die Venterskroonpad, sowat 10km vanaf Potchefstroom, gevind.

Die liggaam van ‘n 58-jarige man is Sondagoggend (5 Februarie) in ‘n waterkanaal langs die Venterskroonpad, sowat 10km vanaf Potchefstroom, gevind.
Volgens kapt. Chaka van die Potchefstroom-polisie is die man, wat geïdentifiseer is as Shadrack Sani Tseko se liggaam omstreeks 10:15 gevind waar hy met sy gesig na onder in die water gedryf het. Die persoon wat dit gevind het, het dadelik die polisie geskakel en kort na hulle aankoms op die toneel was ER24 ook daar. Die polisie en ER24 het die man se liggaam uit die water gehaal, waarna hy op die toneel dood verklaar is.
‘n Geregtelike doodsondersoek word deur die polisie gedoen. Hoewel ER24 vermoed dat Tseko moontlik verdrink het, sal ‘n nadoodse ondersoek eers die werklike oorsaak van sy dood kan bepaal.
Teen druktyd kon die Herald nog nie met Tseko se familie in kontak kom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button