NewsNews

AfriForum waarsku verbruikers

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd dat munisipaliteite wat Eskom geld skuld die verbruiker gaan laat opdok om dié skuld te delg. AfriForum stel daarom vandag ’n projek aan 102 AfriForum-takke landwyd bekend om gemeenskappe te bemagtig om insette te lewer ten opsigte van die opstel van munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) en  -konsepbegrotings. Dít sal bepaal …

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd dat munisipaliteite wat Eskom geld skuld die verbruiker gaan laat opdok om dié skuld te delg.

AfriForum stel daarom vandag ’n projek aan 102 AfriForum-takke landwyd bekend om gemeenskappe te bemagtig om insette te lewer ten opsigte van die opstel van munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) en  -konsepbegrotings. Dít sal bepaal watter tariewe munisipaliteite vir dienste en erfbelasting kan hef, asook watter dienste in gebiede gelewer gaan word.

Munisipaliteite is tans besig om hul GOP’s en konsepbegrotings saam te stel. Begrotings gaan die terugbetaling van Eskom-skuld en die terugbetalingsooreenkomste ten opsigte daarvan insluit. Munisipaliteite gaan waarskynlik hul dienstariewe verhoog in ’n poging om die miljoene rand se Eskom-skuld terug te betaal.

“Dit sal onbillik en onregmatig wees om betalende verbruikers te dwing om in effek twee keer vir dieselfde diens te betaal. Gemeenskappe moet op die uitkyk wees hiervoor en protes by die regte forums aanteken indien dit gebeur,” sê Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering.

Volgens Pawson het die nasionale tesourie munisipaliteite tot ’n 6%-tariefverhoging op dienste beperk en voorgeskryf dat 8% van die begroting vir die instandhouding van infrastruktuur aangewend moet word.

Gemeenskappe wat insette ten opsigte van die jaar se tariewe en dienste wil maak, kan by hul plaaslike AfriForum-tak inskakel. Deelname sal verseker dat die begroting slegs spandeer word op sake wat in die GOP’s aangespreek word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button