Die Departement Water en Sanitasie (DWS) het dadelik opgevolg na die Herald hul kommentaar oor ‘n rioollek gevra het.
Die Herald het in vandag se koerant berig oor riool wat by die Retiefstraatbrug in die Mooirivier inloop.
Alhoewel ons teen druktyd nog geen terugvoer van die munisipaliteit of die DWS gekry het nie, het DWS wel vinning gespring om die probleem te probeer oplos.
Hulle het gister (Woensdag 15 Februarie) na die plek gegaan waar die Herald die riool sien inloop het, maar toe was daar geen tekens van riool nie. Vanoggend (16 Februarie) het hulle weer teruggegaan om op te volg, en kon toe sien dat die water wat in die rivier inloop wit en melkerig is.
Hulle het ook ‘n watermonster geneem wat tans by die laboratorium is vir toetse. Volgens Stenly Makuwa, hoof chemikus by die waterkwaliteitsafdeling, behoort die resultate teen more beskikbaar te wees.
Die Herald sal dan verder hieroor berig.

Sien ook die video hier:
https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/video_of_the_day/video-rou-riool-spoel-mooirivier/



