NewsNews

Verskeie paaie oorstroom

Die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom en die Kromdraaipad is besig om te oorstroom.

Die N12 tussen Klerksdorp en Potchefstroom en die Kromdraaipad is oorstroom.

Verkeer wat op die N12 in Potchefstroom wil inkom staan op die oomblik stil. Uitgaande verkeer kan nog enkelbaan verkeer hanteer.

Die brandweer, polisie en verkeer is op die toneel om die situasie te monitor.  Nooddienste het mense aangeraai om veral die N12 te vermy vir ten minste die volgende uur. Noodvoertuie het vroeër gesukkel om by ongelukke op diè pad uit te kom.

 

Ander paaie in die provinsie ook gesluit

Intussen het die Herald verneem dat ander paaie in die provinsie reeds toe gemaak het. Paaie tussen Lichtenburg en Ottosdal is toe, asook die tussen Ottosdal en Delareyville, Hartebeesfontein en Orkney. Ottosdal se damwal het glo ook onlangs gebreek.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button