
‘n Voertuig het vandag (28 Februarie) omstreeks 13:00 op die hoek van N12 en Klinkenbergstraat agter in ‘n ander voertuig vas gery.
IMR ambulansdienste het een persoon met ligte beserings na Potchefstroom Hospitaal toe vervoer. Die presies oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar polisie en verkeer was op die toneel om ondersoek in te stel.

In ‘n ander voorval wat gisteraand (27 Februarie) omstreeks 18:30 plaas gevind het, twee voertuie op die hoek van Steve Biko en Albert Luthulistraat met mekaar gebots.
Paramedici van ER24 het op die toneel gekom, maar gelukkig was daar geen beserings gewees nie. Die verkeersdepartement was byderhand om die vloei van verkeer te reguleer.
Dit blyk dat ‘n bakkie teen die kant van ‘n ander voertuig vasgery het.
Die presiese oorsaak van die botsing is nog onbekend.



