
Twee vroue is in Potchefstroom die afgelope naweek verkrag.
Een van die voorvalle het Saterdagoggend (25 Februarie) omstreeks 01:30 op die Mooibank plotte plaasgevind.
Volgens ao Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die slagoffer op pad huis toe saam met haar kêrel toe ses onbekende mans hulle voorkeer.
Twee van die verdagtes het glo haar kêrel aangerand terwyl die ander vier verdagtes die vrou verkrag het.
” ‘n Saak van verkragting word ondersoek maar nog niemand is in hegtenis geneem nie,” het Manyoba gesê.
‘n 28 jarige vrou is Vrydagoggend omstreeks 02:00 op die bult verkrag. Die vermeende verkragters is glo ‘n karwag en ander man.
Lees in vandeesweek se Herald die volle storie oor die verkragting.
Lees ook: Vrou glo op die Bult verkrag en Student verkrag; Hou nog sake verband?



