NewsNews

Bekgeveg oor troeteldiere in Potch

Daar is ’n gereelde bekgeveg op sosiale media oor die aanneming of koop van troeteldiere in Potchefstroom. Potchefstroom is ’n stad waar mense baie ingestel is op die aanneming en beskerming van troeteldiere en dit word duidelik weerspieël op verskeie Facebook-groepe.

Daar is ’n gereelde bekgeveg op sosiale media oor die aanneming of koop van troeteldiere in Potchefstroom. Potchefstroom is ’n stad waar mense baie ingestel is op die aanneming en beskerming van troeteldiere en dit word duidelik weerspieël op verskeie Facebook-groepe.

Die Herald het opgemerk dat mense versigtig is om troeteldiere op Facebook te adverteer, of selfs te vra om troeteldiere te koop. Die antwoord is baie gereeld dat hulle eerder PAWS toe moet gaan.

Wat sê die groep wat teen die verkoop van diere is?

Die gevoel onder sommige mense is dat wanneer daar by telers gekoop word, moedig dit mense aan om net meer te teel. Baie Potchefstromers voel sterk daaroor om eerder troeteldiere aan te neem omdat daar reeds so baie van hulle by PAWS is, en dit onnodig is om nog diere te teel.  Die Facebook-groep Hallo Potchefstroom het ook onlangs ’n eed afgelê dat hulle nie meer troeteldier-advertensies op hulle blad sal toelaat nie. Die heel eerste reël wat nagekom moet word om op die groep te mag wees, is dat daar geen verkope, weggee of uitruil van troeteldiere op die blad mag plaasvind nie.
Hierdie is nie die enigste groep wat besluit het om PAWS te ondersteun en troeteldier-verkope van hul blad af te verban nie.
“PAWS is oorvol, maar nog sal die mense aanhou teel. Kyk hoeveel adverteer daardie duur geteelde hondjies en as hulle groot is gaan kyk hoeveel van hulle land by PAWS in die hokke,” sê een leser.  PAWS sê dat hulle nooit iemand sal aanraai om ‘n dier te koop nie. “Die oorbevolking van honde en katte veroorsaak dat ons, en al die ander diereskuilings, oorvol is met diere. Dit beteken dat diere ongelukkig, soos by die DBV’s uitgesit moet word.”
“Om ‘n dier te koop, beteken jy veroorsaak ‘n ‘supply-en-demand’. Iemand kan ongelukkig nie net een hondjie bestel nie, aangesien ‘n teef tot en met 12 kleintjies op ‘n slag kry. Ons het talle kere al telers se oortollige hondjies ingekry waarvoor ons nuwe huise moes kry, want die hondjies begin die eienaars te veel kos.”

Wat sê die mense wat nog wil honde koop?

“Daar sal altyd opreg geteelde diere moet wees. Dit sal ‘n ramp wees as alle pragtige rasse katte en honde moet uitsterf,” sê een leser. Alhoewel ‘n groot deel van die gemeenskap agter hulle staan en verkies om PAWS te ondersteun, is daar ook talle mense wat verkies om troeteldiere van ‘n teler te koop.
Nog ‘n leser sê dat as hy na ‘n opregte hond soos ‘n boerboel soek, sal hy beslis die geld uithaal en dit by ‘n teler koop. “’n Mens weet nie of die hond wat jy by PAWS aanneem aggressiewe gene het of ‘n slegte temperament het nie,” sê hy. “As iemand bereid is om R6 000 te betaal vir ‘n hond, kan daar verwag word dat die persoon goed na die hond sal kyk, anders sou hy in die eerste plek nie soveel betaal het nie.”
’n Boerboel-teler Heinemann Boerboele, meen dat wanneer ’n mens by ’n teler koop, kan jy die hond se geskiedenis, asook die geskiedenis van die hond se ouers en grootouers bekom. Dit sluit sy temperament, karaktertrekke en familie se gesondheid in, indien daar sprake is van genetiese oorerflike toestande.

“In vergelyking hiermee kan die DBV of PAWS jou nie hierdie inligting verskaf nie.
Die honde wat by hulle beland, is grotendeels weens verwaarlosing of aggressiewe gedrag.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button