NewsNews

Drie verdrink tydens groepsgebed in Vaalrivier

Drie mense, waarvan een die pastoor van ‘n gemeente, het Saterdag 25 Februarie by ‘n oord sowat 18 kilometer vanaf Potchefstroom in die Vaalrivier verdrink.

Drie mense, waarvan een die pastoor van ‘n gemeente, het Saterdag 25 Februarie by ‘n oord sowat 18 kilometer vanaf Potchefstroom in die Vaalrivier verdrink.
Dit het tydens ’n groepsgebed van ’n kerkgroep by ’n oord naby Skandinawiëdrift gebeur.
Volgens die eienaar van die oord het die kerkgroep die rivier gebruik om hul lede in te doop en te bid.
Hy sê die groep het glo hand-aan-hand in ’n sirkel gestaan en bid toe vyf mense losgebreek het van die kring en deur die stroom meegesleur is.
Twee van hulle kon veilig aan wal kom, maar die ander drie kon nie gered word nie en het verdrink.
Die Venterskroon-polisie en nooddienste was op die toneel en kon teen Sondag twee van die liggame uit die rivier haal, waarvan een die pastoor is.
Polisieduikers kon steeds nie die derde persoon se liggaam opspoor nie en het Woensdagoggend weer met die soektog voortgegaan. Die eienaar van die oord sê die rivier was nie so sterk nie, maar was wel vol en het vinnig gevloei. Hy sê met van die Vaaldam se sluise wat oopgemaak is, hy bevrees is dat dit nog moeiliker gaan wees om die liggaam te vind.

Teen druktyd kon die Herald nog geen kommentaar van die Venterskroon-polisie bekom nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button