’n Gevaarlike elektriese substasie in die middel van Ventersdorp waaroor die Herald verlede week berig het ,gaan vervang word.
Elektriese drade het al vir sowat ’n jaar oopgestaan nadat die substasie beskadig is toe ’n motor daarteen vasgery het. Die woordvoerder van die stadsraad, Willie Maphosa, sê die munisipaliteit is laat oor die saak ingelig, maar dat hulle nou in die proses is om die bestaande substasiegebou en toerusting met ’n miniatuur substasie te vervang.“Die area is nou beveilig en ’n kontrakteur is reeds aangestel om op die terrein te begin werk.”
Volgens Maphosa behoort die projek binne twee weke voltooi te wees.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



