CommunityNews

AfriForum help om Potchefstroom skoon te hou

Die Potchefstroomse treinstasie, wat eens ’n besige stasie was en wat deur 441 mense beman is, is nou ’n verlate, toegegroeide en rommelbestrooide seer oog vir die publiek.

Die Potchefstroomse treinstasie, wat eens ’n besige stasie was en wat deur 441 mense beman is, is nou ’n verlate, toegegroeide en rommelbestrooide seer oog vir die publiek.


AfriForum Potchefstroom het besluit om die agteruitgang van die pragtige gebou onder hande te neem en het onlangs ’n skoonmaakprojek by die stasie uitgevoer, waar hulle saam met sowat 10 vrywilligers die stasie skoongemaak het.


“Dit was verskriklik vuil en die gras was baie hoog,” sê Herman Swiegers, voorsitter van AfriForum Potch.


Die groep het die vullis opgetel, skoongemaak, bossies uitgetrek en die lang gras gesny. Daar was selfs rommel bo-op die stoomlokomotief.


Dié klas 8A lokomotief is in 1902 gebou en is een van 40 stoomlokomotiewe van sy klas wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is, en is in 1971 uit die spoorweë se diens onttrek.


AfriForum het talle projekte in Potchefstroom wat die instandhouding van die stad ondersteun. Hulle het selfs ’n buurtwag wat elke aand verskeie dele van die stad patrolleer.
Swiegers vra dat die gemeenskap sal eienaarskap neem van hul omgewing en betrokke raak by die projekte.


“Al help iemand net om toebroodjies vir die vrywilligers te bring, elke bietjie help,” sê Swiegers.
Besoek AfriForum Potchefstroom se webtuiste of Facebookblad vir meer inligting. Om betrokke te raak skakel Herman Swiegers by 082 824 4191.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button