’n Man is Saterdagaand in hegtenis geneem nadat die polisie hom deursoek en dwelms gevind het.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, was die polisieman besig om in Nelson Mandelarylaan te patrolleer toe hy ’n verdagte man gesien waarna hy hom deursoek het,” sê Chaka.
Ongeveer 160 gram se dagga met ’n straatwaarde van sowat R700 is in die man se besit gevind.
“Dit klink dalk na ’n onbenullige hoeveelheid dwelms, maar elke klein bietjie wat ons van ons kinders kan weghou is ’n sukses,” het Chaka gesê.
Die stasiebevelvoerder, brig. Sebang Molate het konst. Piet Jonkers, wat die man in hegtenis geneem het, geprys vir die goeie werk.



