Lyk van 12-jarige opgespoor
Polisie duikers het vandag (21 Maart) die lyk van 'n 12-jarige seun in 'n dam by Geysdorp naby Delareyville gevind.

Polisie duikers het vandag (21 Maart) die lyk van ‘n 12-jarige seun in ‘n dam by Geysdorp naby Delareyville gevind.
Die onvermoeide soektog is gister deur die polisie begin wat gister begin ná ‘n verdrinking voorval wat Sondag (19 Maart) plaasgevind het.
Volgens Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, word daar beweer dat die slagoffer en vier ander seuns het van ‘n binneband af geval het wat deur ‘n boot getrek was. Die ander seuns tussen 12 en 13 jaar oud is deur die boot se bestuurder gered terwyl die slagoffer verdrink het.
“‘n Saak van strafbare manslag is geopen vir verdere ondersoek maar niemand is op hierdie stadium in hegtenis geneem nie,” het Mokgwabone gesê.



