
Verskeie ongelukke het oor die naweek in Potchefstroom plaasgevind.
ʼn 50-jarige man is Saterdagaand (1 April) kort voor middernag na ’n botsing op die N12 op die N12 ongeveer 3 km van Potchefstroom dood oorlede.
Paramedici van ER24 en ander dienste het op die toneel aangekom waar hulle die erg beskadigde voertuie gevind het. Die man is met noodlottige beserings in sy voertuig aangetref.

ʼn 49-jarige man van die ander voertuig het op die toneel rondgeloop. Hy is vir ligte beserings behandel en later na Potchefstroom Hospitaal vervoer. Drie ander insittendes het vervoer na die hospitaal geweier.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die voertuig waarin die man dood is glo agter in die ander voertuig, wat ’n sleepwa gesleep het, vasgery, waarna dit gerol het.
In ’n ander voorval het ’n voertuig omstreeks 10:00 op die hoek van James Morokastraat en Nelson Mandelarylaan op dieselfde dag gerol. Die bestuurder van die voertuig het glo flou geword terwyl sy bestuur het, waarna die voertuig die pad verlaat en gerol het. Paramedici van ER24 het die vrou hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.



