NewsNews

Twee in hegtenis na plaasaanval

Twee verdagtes wat by die onlangse plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad betrokke was, is Maandag in hegtenis geneem.

Twee verdagtes wat by die onlangse plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad betrokke was, is Maandag in hegtenis geneem.
Lt.kol. Amanda Funani het bevestig dat die twee verdagtes Woensdag op aanklag van moord, roof met verswarende omstandighede, poging tot moord en die onwettige besit van ammunisie en ’n vuurwapen in die hof verskyn het.
Isack Kutoane (34) en Saro Daniel Matome (50) bly in aanhouding, nadat die saak tot 24 April uitgestel is.
Albei word verbind met die plaasaanval van 23 Maart op mnr. Christo Beukes. Tydens die aanval het mnr. Beukes en een ander verdagte in ’n stoeiery betrokke geraak, waartydens die verdagte doodgeskiet is.
Kort na die voorval het die polisie die verdagte wat dood is geïdentifiseer, wat hulle glo met die ander verdagtes verbind het. Al die verdagtes kom glo van Ikageng.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button