Mokuena kies sy 2017 Varsitybeker-droomspan
NWU-Pukke en Luiperds afrigter, Jonathan Mokuena, het onlangs sy keuse vir vanjaar se Varsitybeker-droomspan bekend gemaak. Volgens die Varsity Cup webblad gaan die amptelike Varsitybeker droomspan na afloop van die finaal op 17 April aangekondig word. In hierdie span het hy 5 NWU-Pukke spelers gekies naamlik, Jimmy Mpailane op regtervleuel, Elden Schoeman op buitesenter, Chriswill …
NWU-Pukke en Luiperds afrigter, Jonathan Mokuena, het onlangs sy keuse vir vanjaar se Varsitybeker-droomspan bekend gemaak. Volgens die Varsity Cup webblad gaan die amptelike Varsitybeker droomspan na afloop van die finaal op 17 April aangekondig word. In hierdie span het hy 5 NWU-Pukke spelers gekies naamlik, Jimmy Mpailane op regtervleuel, Elden Schoeman op buitesenter, Chriswill September op skrumskakel, Jeandré Rudolph op agtsteman en Wilmar Arnoldi op haker.
Hier is Mokuena se volledige 15-tal:
15 Craig Barry (FNB Maties), 14 Jimmy Mpailane (FNB NWU-Pukke), 13 Elden Schoeman (FNB NWU-Pukke), 12 Braam Venter (FNB Maties), 11 Edwill van der Merwe (FNB Maties), 10 Thinus de Beer (FNB UP-Tuks), 9 Chriswill September (FNB NWU-Pukke), 8 Jeandre Rudolph (FNB NWU-Pukke), 7 Kobus van Dyk (FNB Maties), 6 Daniel Maartens (FNB Shimlas), 5 Nicoluus Immelman (FNB Shimlas), 4 Ian Groenewald (FNB Maties), 3 Niko du Plessis (FNB UJ), 2 Wilmar Arnoldi (FNB NWU-Pukke), 1 Dillon Bakos (FNB UJ)



