NewsNews

17 oor naweek op paaie beseer

Sewentien mense, waaronder vier kinders onder die ouderdom van 10 jaar, is die afgelope Paasnaweek op paaie in die Potchefstroom-omgewing beseer.

Sewentien mense, waaronder vier kinders onder die ouderdom van 10 jaar, is die afgelope Paasnaweek op paaie in die Potchefstroom-omgewing beseer.
In die eerste ongeluk wat Sondagoggend omstreeks 09:30 op die R54 (Vereeniging-pad) gebeur het, is agt mense beseer toe die bakkie waarin hulle gery het, van die pad geloop het. Dit het van ’n brug af gestort en verder gerol. Paramedici van ER24, IMR, provinsiale nooddienste en die brandweer het die pasiënte behandel. Volgens Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, moes die brandweer ’n vrou, wat in die bakkie vasgekeer was, uit die bakkie sny. Vier kinders onder die ouderdom van 10 is op die toneel behandel en het net geringe beserings opgedoen. Die groep was glo op pad terug van ’n kerk toe die bakkie ongeveer sewe meter van die brug gestort het.

Die brug waar die bakkie afgestort het.

Later dieselfde dag, omstreeks 16:00, het die bestuurder van ’n voertuig op die N12 beheer oor sy voertuig verloor, waarna dit gerol het. Vyf mense is deur IMR en Netcare 911 op die toneel behandel. Niemand is tydens die voorval ernstig beseer nie.
Maandagmiddag omstreeks 14:00 het ’n botsing tussen drie voertuie op die N12 vier mense met beserings gelaat.
Volgens Russel Meiring, ER24 woordvoerder, het paramedici op die toneel gekom waar hulle ’n taxi en twee bakkies gevind het.
Ongeveer 40 mense het op die toneel rondgeloop, maar na paramedici mense begin behandel het, is gevind dat slegs vier geringe beserings opgedoen het. Al vier beseerdes is vir verdere behandeling na Potchefstroom hospitaal geneem.

Agt mense, insluitend vier kinders, is beseer toe ’n bakkie gerol het. Foto: Verskaf

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid en vervoer, dr. Mpho Motlhabane, het na die naweek gesê: “Terwyl ons ons bes doen om wetteloosheid op die pad te verminder, moet motoriste ook hul deel doen. Ons moet mekaar herinner dat spoed dodelik is, onpadwaardige voertuie ‘n gevaar is, roekelose bestuur verbode is en drink en bestuur nie toegelaat word nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button