NewsNews

Veertien steeds verdagtes in kinderpornografie-saak

Die veertien mense wat onlangs in hegtenis geneem is op aanklag van besit van kinderpornografie, is steeds verdagtes in dié saak en kan dus steeds aangekla word.

Die veertien mense wat onlangs in hegtenis geneem is op aanklag van besit van kinderpornografie, is steeds verdagtes in dié saak en kan dus steeds aangekla word.
Die Herald het verlede week berig dat die saak teruggetrek is weens die bewyse wat die staat in daardie stadium oor beskik het.
Dit blyk egter dat die saak net tydelik van die rol gehaal is sodat die ondersoeke eers afgehandel kan word. Die groep is Vrydag (7 April) in hegtenis geneem, waarna hulle die hele naweek in die selle deurgebring het.
Hulle wil nou ’n siviele eis teen die polisie instel vir onregmatige arrestasie en aanhouding.
Die ondersoekbeamptes was glo geskok oor die grafiese aard van die video waarby ’n man en ’n drie- of vierjarige dogtertjie glo betrokke is.
Volgens die wet op seksuele misdrywe is enige iemand wat sulke materiaal ontvang of daarvan weet, wetlik verplig om die polisie daaroor in te lig. ’n Maksimum van vyf jaar tronkstraf kan opgelê word as dit nie aangemeld word nie. Dié soort misdryf word in so ’n ernstige lig beskou dat sulke soort materiaal selfs nie eers vir ‘n ander persoon gewys mag word nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button