SportSport

Simbine is SA se spoedkoning

Na maande se intense verwagting is die SA Nasionale 100 meter manskampioen in slegs 9.95 sekondes bekroon. In een van die grootste en vinnigste 100 meter wedlope op SA bodem het Akani Simbine sy staal bewys teen groot kannone soos Wayde van Niekerk, Henrico Bruintjies, Thando Roto in ‘n naelbyt-wedloop, wat enige kant toe kon …

Na maande se intense verwagting is die SA Nasionale 100 meter manskampioen in slegs 9.95 sekondes bekroon.

In een van die grootste en vinnigste 100 meter wedlope op SA bodem het Akani Simbine sy staal bewys teen groot kannone soos Wayde van Niekerk, Henrico Bruintjies, Thando Roto in ‘n naelbyt-wedloop, wat enige kant toe kon gaan, geklop.

Van Niekerk en Roto was gelyk in tweede plek in ‘n tyd van 10.04 sekondes.

Die skare het behoorlik gejuig toe die afsitter die wedloop met ‘n klipharde skoot begin het. Die wedloop was self ook net so kliphard met elke spoedvraat wat tree vir tree bo sy teenstander wou uittroon.

Op die ou einde het Simbine koning gekraai en bewys dat hy die vinnigste in SA is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button