Dustin Wetdewich
Twee sake waaroor die Herald voorheen berig het, het die afgelope week in die landdroshof in Potchefstroom voorgekom.
Twee verdagtes, Isack Kutoane (34) en Saro Daniel Matome (50), word van moord aangekla nadat hulle glo by ’n plaasaanval naby die Skandinawiëdrifpad betrokke was. Hulle het Maandag 24 April in die hof verskyn en die saak is tot 3 Mei uitgestel wanneer hul formele borgaansoek aangehoor sal word.
Die student wat aangekla word vir poging tot moord nadat hy na bewering ’n mede-student twee keer met ’n mes gesteek het, het Dinsdag 25 April verskyn.
Abu Bakr Salooje (20) het net vlugtig verskyn waarna die saak tot 17 Mei uitgestel is vir verdere ondersoek.



