NewsNews

Nuwe regulasie vir bakkies

Van Donderdag 11 Mei mag geen kind meer in die bak van bakkies of voertuie vervoer word in ruil vir geldelike vergoeding nie.

Van Donderdag 11 Mei mag geen kind meer in die bak van bakkies of voertuie vervoer word in ruil vir geldelike vergoeding nie.
Die Nasionale Verkeerswet regulasie 250 verbied ook nou die vervoer van ander, ouer mense in die bak van voertuie vir vergoeding, behalwe wanneer daar ’n  kap op die voertuig is, en die passasiers nie naby goedere of gereedskap sit nie.
Die nuwe verkeersregulasie tree Donderdag 11 Mei in werking. Die Automobiel Assosiasie (AA) het die regulasie as ’n  stap in die regte rigting beskryf.
Die Automobiel Assosiasie (AA) het in ’n  verklaring gesê dat dit beteken dat ook diegene wat kinders vervoer met onpadwaardige voertuie of voertuie wat nie ontwerp is vir die vervoer van kinders nie, nou hul voertuie moet vervang of herstel.
Die organisasie sê dat saam met die regulasie dit ook nou noodsaaklik is om beter, betroubare openbare vervoer in afgeleë gebiede te kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button