
‘n Man wat oor ‘n muur gespring het om toegang tot ‘n erf te kry is vanmiddag omstreeks 14:00 in Molenstraat vasgestrek.
Mooirvier beskerming het kort na 13:00 ‘n oproep ontvang van ‘n vrou in Esselenstraat wat laat weet het dat haar bediende alleen by die huis is en ‘n man oor die heining sien spring het.
‘n Reaksiespan is uitgestuur waarna hulle die man agterna gesit het. Reaksiebeamptes moes glo deur ‘n paar persele spring om die man uiteindelik in Molenstraat te vang. Die man is aan die SAPD oorhandig.
Die eienaar van die huis in Esselenstraat kan ‘n saak van betreding teen die man gaan lê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



