Die 34ste Pukki Talentfees is Donderdag– en Vrydagaand (11 en 12 Mei) op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit gehou.

Lizz Meiring het albei aande as seremoniemeester opgetree voor ‘n lewendige en entoesiastiese gehoor in die Sanlam-Ouditorium, en die talent van die NWU Potchefstroomkampus het niemand teleurgestel nie.

Mynie Grové, bekende kunstenaar en liedjieskrywer was een van die beoordelaars en was baie beïndruk met die studentetalent en die lewendige orkes. Stefan Enslin,voormalige student van die NWU en bekende filmmaker van films soos Strikdas en Nul is nie niks nie, was verstom oor die standaard van elke item, die groot verskeidenheid talent en het die beoordeling ‘n groot kopseer veroorsaak om met so ‘n hoë standaard tussen die deelnemers en wenners te kon kies. Die ander beoordelaars was Nkosinati Tom, Louis Nigrini en Rochelle Langford.

Een van die hoogtepunte op die program was die personeelkategorie waar personeel van die universiteit gewys het dat hulle die planke kan warm sing en dans. Constant van Graan, ‘n dosent in Forensiese Rekenmeesterskap, het die afdeling gewen met die treffer Loliwe van Zahara en Gregory Sekobotsane wat by die Institusionele kantoor werk, was in die tweede plek met ‘n Samba, Cola cha-cha.

Wenners van die aand sluit in:
Vise-Kanselierstrofee van die Skeppende afdeling, asook Kuns- en Ontwerpkategorie – Gretchen Crots
Rektorstrofee van die Kontemporêre afdeling, asook Kontemporêre Sangkategorie: Solo – Aobakwe Gwendeline Sehoole
Rekktorstrofee van die Klassieke afdeling, asook Klassieke Vokaal: solo – Sibusiso Simelane
Klassiek:Instrumentaal – Ruan Kruyshaar
Klassiek: Duette – Samkelisiwe Sitshinga en Tshegofatso Letokwe
Oorspronkline Komposisie – Jesse Harvey
Toneel/Vertolking – Carla Horn
Oorspronklike Skryfkuns – Ernest Else
Dans- DM de Kock en Doné Greyling
Akoestiese Musiekgroepe – Glimpse
Oop Kategorie – G-Town Boys
Kontemprêre Sang: Duet/Trio – Three
Protea Boekwinkelprys – Ernest Else
ATKV-Prys vir die mees belowende kunstenaar –Percy Mkhonto
Studenteraadsprys – Majo Rademeyer



Hier is nog foto’s (foto’s: Marianke Saayman):








































































































































