
Die munisipale gebou is aan die brand gesteek en die burgemeester Mnr. Buthelezi, word deur ongeveer 40 inwoners gyselaar gehou.
Volgens Jacqueline Theologo, parlementslid van die DA in die Noordwes, het die mense gedreig dat hulle tot hulself aan die brand sal steek uit desperasie dat iemand na hulle griewe moet luister.
Daar is tans ‘n sterk polisieteenwoordigheid by die munisipale gebou waar die polisie met die mense probeer onderhandel om die burgemeester vry te laat.
Lede van die gemeenskap en private maatskappye is besig om die brand by die munisipale gebou te bestry.
Volgens Theologo, veroordeel die DA die neem van gyselaars om ‘n politieke punt te bewys ten sterkste.
“Ons verstaan dat mense moedeloos is oor swakdienslewering maar geweld is nie ‘n opsie nie. Die enigste opsie is om te stem vir verandering,” het sy gesê.



