NewsNews

Man beseer na bromponie ongeluk

'n Man is vanmiddag (24 Mei) omstreeks 15:00 beseer nadat hy op die hoek van Walter Sisulu- en Grimbeekweg met sy bromponie met 'n ander voertuig gebots het.

‘n Man is vanmiddag (24 Mei) omstreeks 15:00 beseer nadat hy op die hoek van Walter Sisulu- en Grimbeekweg met sy bromponie met ‘n ander voertuig gebots het.
Met aankoms het ER24-paramedici die bromponie en voertuig langs die kant van die pad gevind. Die bestuurder van die bromponie, het agter op ‘n bakkie gesit.
Daar is bevind dat hy ‘n ernstige besering aan sy been opgedoen het, sowel as skuurmerke oor sy lyf.
Hy is behandel waarna hy na Potchefstroom Hospitaal geneem is vir verdere behandeling.
Die bestuurder van die voertuig het gelukkig net klein beserings opgedoen maar wou nie hospitaal toe geneem word nie.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button