NewsNews

32 in hegtenis na Lichtenburg gyselaardrama

Die burgemeester van Ditsobotla Munisipaliteit, Mnr. Daniel Buthelezi, is vandag (25 Mei) gedurende die vroegoggendure vrygelaat, nadat hy en ander raadslede deur inwoners van laat gistermiddag (24 Mei) af gyselaar gehou is.

Die burgemeester van Ditsobotla Munisipaliteit, Mnr. Daniel Buthelezi, is vandag (25 Mei) gedurende die vroegoggendure vrygelaat, nadat hy en ander raadslede deur inwoners van laat gistermiddag (24 Mei) af gyselaar gehou is.

Die burgemeester is vrygelaat ná suksesvolle onderhandelings wat uitgeloop het op die inhegtenisneming van 32 verdagtes. As deel van die onderhandelinge is die groep toe gelaat om in twee minibusse te klim maar kort daarna deur die polisie in hegtenis geneem.

ʼn Munisipale gebou is aan die brand gesteek maar is egter kort daarna geblus.

Die verdagtes, wat tussen 24 en 52 jaar oud is, sal na verwagting binnekort in die landdroshof van Lichtenburg verskyn. Hulle word aangekla van ontvoering, brandstigting en poging tot moord.

Lt. Gen. Baile Motswenyane, provinsiale kommissaris, het lede van die gemeenskap aangemoedig om kalm te bly, die oppergesag van die reg te respekteer en te weerhou van beskadiging van eiendom. Sy het verder gesê dat die polisie nie sal huiwer om hul konstitusionele mandaat uit te voer om misdaad te voorkom en te bekamp nie, sowel as om openbare orde te handhaaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button