NewsNews

Lip-lek-lekker kos wéér die Sondag

Hou jy van interessante eet-en drinkgoed of miskien wil jy net van jou huis of werkstres ontsnap? Dan is die Rooy Food Market net die plek waar jy jou Sondag, 28 Mei moet bevind! Dit word vanaf 09:00 tot 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat gehou. Plaaslike kunstenaars soos Nicola, Rick du Preez …

Hou jy van interessante eet-en drinkgoed of miskien wil jy net van jou huis of werkstres ontsnap? Dan is die Rooy Food Market net die plek waar jy jou Sondag, 28 Mei moet bevind!
Dit word vanaf 09:00 tot 15:00 by die Van Rooyensaal in Piet Bosmanstraat gehou.


Plaaslike kunstenaars soos Nicola, Rick du Preez en Jukeboxe sal by die mark optree, terwyl jy van verskillende soorte kosse, drinkgoed en nageregte kan kies. Met produkte en disse soos interessante lekkernye, Hollandse krokette, beesstert en stampmielies en spitbraai broodjies, verwelkom hierdie mark graag vegetariërs, vleiseters en suikerbeheptes. Vir die “foodies” onder ons sal JHB Culinary & Pastry sjefskool kosdemonstrasies aanbied. Daar gaan ook ‘n inkleurkompetiwees vir kinders, met groot pryse wat op die spel is, asook ’n springkasteel en ponie.
By die kunsafdeling sal daar pragtige handsakke, juweliersware en huishoudelike items te vinde wees.
Verder sal Malcolm Cowan sy kunswerke uitstal en vir die Bennie boekwurms onder ons ‘n groot verskeidenheid boeke om te geniet.
Die volgende Rooy Food Market word op 25 Junie gehou. Bring jou vriende en familie, want hierdie mark sal verseker julle smaakknoppies laat bos gaan!
Vir nadere besonderhede, kontak Tania by 079 918 2092.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button