NewsNews

NG Miederpark hou karnaval

Die NG kerk Miederpark gaan Potchefstroom Vrydag 2 Junie en Saterdag 3 Junie op horings neem met ‘n skouspel van vertonings by hul karnaval. Op Vrydag 2 Junie het dié gemeente ‘n eerste vir Potch met Elvis Blue as hul trek- pleister. Die bekende Idols sanger wat deesdae ‘n huishoudelike naam is, gaan die stad …

Die NG kerk Miederpark gaan Potchefstroom Vrydag 2 Junie en Saterdag 3 Junie op horings neem met ‘n skouspel van vertonings by hul karnaval.

Op Vrydag 2 Junie het dié gemeente ‘n eerste vir Potch met Elvis Blue as hul trek- pleister. Die bekende Idols sanger wat deesdae ‘n huishoudelike naam is, gaan die stad behoorlik aan die brand sing.
Dan is Saterdag dié dag vir die jongspan met ‘n spesiale besoek van Buster en Bella. Buster is terug, en die keer het hy ‘n spesiale vierpoot-maatjie bygekry.
Ontmoet Saterdag vir Bella, Buster se aangenome sussie. Hulle is reg vir die maatjies met nuwe liedjies, vars stories en boogie voetspoortjies.


Tannie Terapeut is ook ‘n nuwe gesig wat saam met Buster en Bella wonderlike ontdekkings maak. Kyk ook uit vir ‘n fotosessie saam met Buster en Bella na hul vertoning
Daar sal ook buiten Buster en Bella ‘n groot verskeidenheid stalletjies wees om in rond te snuffel, met ‘n spesiale kinderhoekie Vrydagaand sodat mamma en papa lekker rustig na Elivs Blue kan luister. Daar is ook baie ander pret beplan vir die kleinspan en selfs Barney sal spesiaal kom inloer, asook die trompoppies en ‘n propvol arenaprogram. Vir die honger manne en tieners met ‘n eindelose put in hul maag is daar sosaties, boereworsrolle, ribburgers, poeding, ‘n plaasstal, potjiekos en pannekoek om van te kies. Kaartjies vir Vrydag en Saterdag se vertoning is te koop by NG kerk Miederpark in Aarbeilaan 22. Die kerkkantoor kan ook geskakel word by (018) 294 8121.

 

So kan jy kaartjies wen na die Buster en Bella vertoning:

1. Like Kindervermaak SA se facebookblad

2.Like Buster en Bella se facebookblad

3.Deel hierdie plasing op jou facebookblad en tag 8 vriende in Potchefstroom of die omliggende omgewing mmet klein kinders wat graag die vertoning sal wil bywoon.  Wenners word aangekondig Vrydag oggend, 2 Junie.

Om te bespreek, stuur ‘n epos met jou naam, van, kontak nommer en hoeveel kaartjies vir Potchefstroom na admin@kindervermaak.co.za of 082 743 8329 of 082 410 7682.  Noem asb spesifiek Potchefstroom.  (Kaartjies sal ook te koop wees by dfie kerkkantoor vanaf 10 Mei teen R80).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button