NewsNews

Trekker-bestuurder gaan soek hulp na ongeluk waarin een beseer is

ʼn Trekker en ʼn Bakkie het vanoggend omstreeks 08:45 ongeveer 13km op die Paryspad uit met mekaar gebots.

ʼn Trekker en ʼn Bakkie het vanoggend omstreeks 08:45 ongeveer 13km op die Paryspad uit met mekaar gebots.

Paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die beseerde bakkie bestuurder gevind het. Die bestuurder van die trekker was na wat beweer word, nie meer op die toneel nie. Hy het wel kort daarna terug gekeer na die toneel toe, hy het glo by ʼn naby geleë plaas gaan hulp soek.

Meer ongelukke

Gesin glo uitgewis in gru-ongeluk

Twee kritiek na ongeluk op N12

Man dood na N12 ongeluk

 

Die bestuurder van die bakkie het matige beserings opgedoen waarna hy per ambulans hospitaal toe geneem is.

Verkeer op die pad was vir ʼn kort rukkie vertraag gewees terwyl dit skoon gemaak word. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend, maar verkeersbeamptes en polisie was op die toneel gewees om verder ondersoek in te stel.

Die Herald het al oor menigte ongelukke wat net vanjaar plaas gevind het berig. Meeste van die ongelukke vind op die N12 plaas.

Nog ongelukke

Twee kinders dood na N12 ongeluk

Ma geskok na ongeluk met koedoe

Twee dood in N12 ongeluk

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button