NewsNews

Potchefstroom Herald se potjiekos kompetisie ‘n groot sukses

Hier is al die foto's van die Potchefstroom Herald se potjiekos kompetisie wat verlede naweek by Boeretroos aangebied is.

Boeretroos en Potchefstroom Herald het Saterdag, 27 Mei hul eerste potjiekos-kompetisie aangebied te bate ʼn liefdadigheid van die wenner se keuse.

Desiré en John Swartz van Boeretroos.
Desiré en John Swartz van Boeretroos.

Besighede is genader om ʼn potjie te maak of as borg op te tree op die dag. Al tesaam 11 besighede of mense in hul persoonlike hoedanigheid het deelgeneem. Met potjies soos varkskenkels, springbok en koedoe was daar opwindende keuses om van te kies.

Met lekker musiek van Dirkie Visagie, December, Johan Loots, Ernst en WG Nel was die dag heeldag op ʼn lekker toon. Selfs Jandré Venter het die mense gewys wat sy stem kan doen. Besighede wat hul harte oopgemaak het vir die wonderlike dag, het teruggee in hul duisende en pryse vir die wenners geborg.


Die borge was Impala Hotel, Build It, Broken Pot, Bult Spar, Blue Bottle store Suidsentrum, Bailliepark Spar, Pick n Pay van der Hoffpark, Afrikaner Slaghuis, Senwes, Panarotti’s, SAB en Distell. Wanted Clothing het blik borde vir die dag geborg wat lede van die publiek teen R60 kon koop en van elke potjie kon kies en keur. Die bord was ook jou aandenking van die dag. Hulle het ook hoede, voorskote, coasters, water en nog vele meer geborg. Laundry made eazi het die maak van die voorskote wat elke span ontvang het, geborg. Cross roads@ home het al die blikborde geborg wat te koop was.

Die beoordelaars Tinus Potgieter (Moffats Engen), Meraai en Jack het die moeilike keuse gehad om die wenpot van die dag te kies, wat natuurlik nie ʼn maklike keuse was nie, aangesien almal se potte met soveel liefde en sorg gemaak was. Maar ʼn wenner moes gekies word en met hul smaakkliere op fyn gestel het hulle Kobus en sy span van Northwest Protection Services aan gewys as die wenner met hul geurige koedoepotjie. Tweede was Malcolm Grimbeeck en sy span Magtours met ʼn lekker springbokpotjie en gestopte springbokboud. In die derde plek was ALS se Evert Potgieter met ʼn lip-lek-lekker beesstertpot.

Kobus en sy span kon R5 040 aan die liefdadigheid van hul keuse gee wat hy aan die gehoor oorgelaat het om te kies. Daar is besluit om die geld te verdeel tussen Jandré Venter vir sy hospitaalkostes en PAWS.
Die Herald en Boeretroos bedank al die ondersteuners van die dag en hoop om volgende jaar weer so te kan maak.

Hier is nog foto’s:

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button