NewsNews

PG du Plessis vandag oorlede

Die bekroonde Afrikaanse skrywer, dramaturg en akademikus, PG du Plessis is vanmiddag na ‘n lang siekbed op die ouderdom van 82 oorlede. Du Plessis het bekendheid vir sy dramas Siener in die Suburbs, Nag van Legio (albei Hertzogprys-wenners) en ‘n Seder val in Waterkloof onder vele ander indrukwekkende publikasies verwerf. Dié skrywer se roman, Fees van die Ongenooides het …

Die bekroonde Afrikaanse skrywer, dramaturg en akademikus, PG du Plessis is vanmiddag na ‘n lang siekbed op die ouderdom van 82 oorlede.

Du Plessis het bekendheid vir sy dramas Siener in die Suburbs, Nag van Legio (albei Hertzogprys-wenners) en ‘n Seder val in Waterkloof onder vele ander indrukwekkende publikasies verwerf.

Dié skrywer se roman, Fees van die Ongenooides het ook lof ontvang en is met die 2009 ATKV Prosaprys bekroon.

Du Plessis se afsterwe laat ‘n leemte in die Afrikaanse literatuur en hy en sy skryfwerk sal gemis word.

“Vir ‘n skrywer is een ding belangrik: hou die drama.”

PG du Plessis: 14 Julie 1934 – 7 Junie 2017

*Lees meer in hierdie week se Potchefstroom Herald (8 Junie 2017)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button