Pukke fietsryers gereed vir USSA’s
Die NWU_Pukke se fietsry USSA-span is onlangs aangekondig en hierdie fietsryers is gereed om in hulle maroen en swart kleure ‘n impak in hierdie intervarsity kompetisie te maak. Foto’s: NWU Pukke Fietsry/Facebook ‘n Mans en dames span sal die universiteit verteenwoordig tydens die USSA-fietsry toernooi wat vanaf 10-13 Julie in Port Elizabeth aan dié pad …
Die NWU_Pukke se fietsry USSA-span is onlangs aangekondig en hierdie fietsryers is gereed om in hulle maroen en swart kleure ‘n impak in hierdie intervarsity kompetisie te maak.
Foto’s: NWU Pukke Fietsry/Facebook

‘n Mans en dames span sal die universiteit verteenwoordig tydens die USSA-fietsry toernooi wat vanaf 10-13 Julie in Port Elizabeth aan dié pad en bergfietstoernooi gaan deelneem.

Die mansspan bestaan uit George Niddrie, Ruan du Toit, Nico Thiart, Brandon van der Berg, Hanré Dreyer en Michael Blignaut. Die damesspan bestaan uit Kristen Louw, Nicolene Marais en Ernestine Safar.
Potchefstroomse lesers sal vir Van der Berg en Louw onthou vir hulle goeie vertonings tydens afgelope jare se Spur Skolereeks kompetisies waar hulle vir Volkies uitgeblink het.
Nou is hulle in die Pukke saal en gereed om op hierdie vlak ook hulle staal te wys.



